LOUIS TRICHARDT se geselskap en dié van Lang Hans van Rensburg was die eerste wat die uittog uit die Kolonie na die noorde aangedurf het. Met hul trekke was hulle baanbrekers in 'n ruwe en onontwikkelde land. Trichardt (gebore in die wyk Kango—later Oudtshoorn—op 10 Augustus 1783, en oorlede in wat vandag Maputo is op 25 Oktober …
